Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 February 2021

De Waal Venter. Uitverkiesing van spesies

 

 

 

 

Uitverkiesing van spesies

 

 Hoenders kyk na mekaar

en peil

hulle teenstanders.

 

In die diep kuile

van die riviere

sweef seekoeie plegtig

deur die skemer water.

 

Pikkewyne stap penregop

waterkant toe

asof op pad na ’n idee,

diep ingedagte oor die inhoude

van hulle toesprake,

kundig gevou

met die prag van origami.

 

Muskiete hang aan die helikopters

van hulle skellende vlerke,

tuur af in die nag

na die landskap onder,

soek teikens

wat sonder verdediging

weerloos lê.

 

Katte loop tussen

hande deur,

verdra dit maar

om die lomp voedselverskaffers

se bonkige plesiere

ter wille te wees.

 

’n Klein persentasie mense

kom in hulle drome

af op waarhede:

grense tussen genusse

is lukraak,

hondesiele besit stemreg,

en hulle stem –

nou en vorentoe

in die uitverkiesing

van spesies.

 

© De Waal Venter, 2021

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Net pietersielie
De Waal Venter. Yl raamwerke van ons drome →

2e gedagtes oor “De Waal Venter. Uitverkiesing van spesies”

  1. De Waal Venter says:
    9 February 2021 at 11:07

    Ek waardeer jou opmerking, Nicolaas :-)>

    Reply
  2. Nicolaas says:
    9 February 2021 at 07:16

    Puik geskryf, De Waal!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d