Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 February 20219 February 2021

Joan Hambidge. Omgekeerde sonnet

 

Omgekeerde sonnet 

 

Ek het jou toegelaat, meer as een keer,

om my hartstogtelik te verrinneweer.

 

Dié sonnet, onafgelewer, ‘n nabootsing

soos ‘n onbekende DHL-versending.

 

Niemand tuis, nes die leser, ingekeer

besig om rympatrone uit te keer.

 

Op watter dag, tyd of plek

het die hart haar ingeperk?

 

Is daar ‘n onthou- of beroukaart

om soiets presies uit te klaar?

 

‘n Tirannie van die Verlede

word ‘n oop-breek in die Hede.

 

Die gedig slaan toe, vervaard.

 

 

© Joan Hambidge, 2021

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Joan Hambidge. Omgekeerde sonnet”

  1. De Waal Venter says:
    16 February 2021 at 17:00

    O aarde, Daniel. Nou Sien ek wat jy bedoel! Om een of ander rede verander my Afrikaanse woorden in Nederlands. Ek sien dit nie altijd raak nie, die twee tale sit so na aan mekaar. Ek weet nie of dit ‘n functie is van Versindaba en of dit iets op my eie rekenaar is nie. Ek moet waak teen vernederlandsing, ek is nie deftig genoeg nie 🙂

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    16 February 2021 at 16:19

    De Waal, is jy besig om te vernederlands?

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    16 February 2021 at 14:31

    KORREKSIE
    ‘n Treffende en meevoerende gedIg dus wat met fyn vakmanschap die lezer in spanning hou – lank nadat die gedig gelees is.

    Reply
  4. De Waal Venter says:
    16 February 2021 at 12:20

    Wat my opval, behalwe die tegniese verwikkeldhede, is iets anders.

    Maar eerst, tegnies: Die normale patroon van 14 reëls en iets soos drie kwatryne en ‘n koeplet word nie hier gevolg nie. Dertien reëls van koeplette en ‘n enkele slotreël. Maar dit pla my nie. Baie moderne dichters wyk nogal sterk af van hierdie patroon en noem nog steeds so ‘n gedig ‘n “sonnet”.

    Bo en behalwe die “omgekeerdheid” wat Waldemar hierbo aantoon, dink ek ook aan die “omgekeerdheid” wat mens in die verse van Tomas Tranströmer aantref. In die vertaalde gedig “Van aangesig tot aangesig” tref mens dan ook die onvergetelijke reël: “Alles keer om” aan. Meteens word alles vreemd, alledaagsheden is nie meer alledaags nie, ostranenie tree in.

    Maar, uiteindelijk, wat my overal opval is die sterk emotie in die gedig wat met ewe sterk taalmiddels as’t ware in gevangenisskap gehouden word. “Ek het jou toegelaat, meer as een keer, om my hartstogtelik te verrinneweer.” Die hartstog is “toegelaat” en is nie spontaan aanvaar nie.

    “Op watter dag, tyd of plek het die hart haar ingeperk?” Die hartstog, emotie en spontane liefde is duidelijk en roerend tegenwoordig, maar ingeperkt. Hierdie sterk spanning tussen hartstog en beheerstheid gee die gedig besondere trefkrag. Dit is alsof mens ‘n arties op ‘n kabel balancerend sien loop oor ‘n duizelingwekkende ravyn. Hy (sy) is nog veilig, maar vir hoe lank?

    ‘n Treffende en meevoerende gedag dus wat met fan vakmanschap die lezer in spanning hou – lank nadat die gedag gelees is.

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    15 February 2021 at 21:26

    Dis mos die plek waar ‘n leser kan wonder. Volgens die titel is die teks ‘n omgekeerde sonnet (metries, bv. trogee i.p.v. jambe, moontlik, of ontwikkelingsgewys). Volgens die tweede koeplet is hierdie sonnet ‘n nabootsing. En volgens die eindreël is die gedig verskrik, soos waargeneem deur die een wat weet wat ‘n sonnet is.

    Die permissiwiteit van die spreker in die eerste koeplet is blykbaar die oorsaak van die verstegniese verknorsing in die dertiende reël.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d