Omgekeerde sonnet
Ek het jou toegelaat, meer as een keer,
om my hartstogtelik te verrinneweer.
Dié sonnet, onafgelewer, ‘n nabootsing
soos ‘n onbekende DHL-versending.
Niemand tuis, nes die leser, ingekeer
besig om rympatrone uit te keer.
Op watter dag, tyd of plek
het die hart haar ingeperk?
Is daar ‘n onthou- of beroukaart
om soiets presies uit te klaar?
‘n Tirannie van die Verlede
word ‘n oop-breek in die Hede.
Die gedig slaan toe, vervaard.
© Joan Hambidge, 2021
O aarde, Daniel. Nou Sien ek wat jy bedoel! Om een of ander rede verander my Afrikaanse woorden in Nederlands. Ek sien dit nie altijd raak nie, die twee tale sit so na aan mekaar. Ek weet nie of dit ‘n functie is van Versindaba en of dit iets op my eie rekenaar is nie. Ek moet waak teen vernederlandsing, ek is nie deftig genoeg nie 🙂
De Waal, is jy besig om te vernederlands?
KORREKSIE
‘n Treffende en meevoerende gedIg dus wat met fyn vakmanschap die lezer in spanning hou – lank nadat die gedig gelees is.
Wat my opval, behalwe die tegniese verwikkeldhede, is iets anders.
Maar eerst, tegnies: Die normale patroon van 14 reëls en iets soos drie kwatryne en ‘n koeplet word nie hier gevolg nie. Dertien reëls van koeplette en ‘n enkele slotreël. Maar dit pla my nie. Baie moderne dichters wyk nogal sterk af van hierdie patroon en noem nog steeds so ‘n gedig ‘n “sonnet”.
Bo en behalwe die “omgekeerdheid” wat Waldemar hierbo aantoon, dink ek ook aan die “omgekeerdheid” wat mens in die verse van Tomas Tranströmer aantref. In die vertaalde gedig “Van aangesig tot aangesig” tref mens dan ook die onvergetelijke reël: “Alles keer om” aan. Meteens word alles vreemd, alledaagsheden is nie meer alledaags nie, ostranenie tree in.
Maar, uiteindelijk, wat my overal opval is die sterk emotie in die gedig wat met ewe sterk taalmiddels as’t ware in gevangenisskap gehouden word. “Ek het jou toegelaat, meer as een keer, om my hartstogtelik te verrinneweer.” Die hartstog is “toegelaat” en is nie spontaan aanvaar nie.
“Op watter dag, tyd of plek het die hart haar ingeperk?” Die hartstog, emotie en spontane liefde is duidelijk en roerend tegenwoordig, maar ingeperkt. Hierdie sterk spanning tussen hartstog en beheerstheid gee die gedig besondere trefkrag. Dit is alsof mens ‘n arties op ‘n kabel balancerend sien loop oor ‘n duizelingwekkende ravyn. Hy (sy) is nog veilig, maar vir hoe lank?
‘n Treffende en meevoerende gedag dus wat met fan vakmanschap die lezer in spanning hou – lank nadat die gedag gelees is.
Dis mos die plek waar ‘n leser kan wonder. Volgens die titel is die teks ‘n omgekeerde sonnet (metries, bv. trogee i.p.v. jambe, moontlik, of ontwikkelingsgewys). Volgens die tweede koeplet is hierdie sonnet ‘n nabootsing. En volgens die eindreël is die gedig verskrik, soos waargeneem deur die een wat weet wat ‘n sonnet is.
Die permissiwiteit van die spreker in die eerste koeplet is blykbaar die oorsaak van die verstegniese verknorsing in die dertiende reël.