Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 February 202118 February 2021

Alwyn Roux. Bekendmaking van die Samespraakprogram vir 2021

Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om aan te kondig dat Samespraak: Studiegroep vir Afrikaans en Nederlands volgende week op 24 Februarie van stapel gestuur word. Samespraak is ‘n aanlyn studiegroep vir die bestudering van Afrikaanse en Nederlandstalige letterkunde (besoek hier ons webblad vir meer inligting oor ons studiegroep).

Vir die eertse jaar van Samespraak se bestaan, is die digter en pryswenner van die P.C. Hooftprys vir poësie, dr. Alfred Schaffer, ons skrywer in die (aanlyn) voorhuis. Alhoewel Samespraaklede projekte mag uitvoer oor enige onderwerp, moet die fokus  op vergelykende (transnasionale) studies tussen Afrikaans- en Nederlandstalige letterkunde wees. Die ondersoeksterreine word dan ook nie beperk tot ‘n enkele genre nie, maar kan in enigeen van die drie hoofgenres (poësie, prosa en/of drama) uitgevoer word. ‘n Spesiale ondersoek oor die akademiese, kreatiewe en vertaalwerk van Alfred Schaffer en sy rol as kulturele bemiddelaar tussen Afrikaans en Nederlands, word dan ook aangemoedig.

Een van die goeie winste vanjaar is dat die akademiese joernaal Stilet goedgunstiglik ingewillig het om ‘n spesiale uitgawe te wy aan Samespraaklede se projekte gedurende 2021. Hier is meer inligting oor dié spesiale Stilet-uitgawe: samespraak 2022 – stilet.

Die eerste ontmoeting vind volgende week op Woensdag, 24 Februarie op Zoom plaas. Prof. Dr. Yves T’Sjoen (UGent) lewer die openingslesing van Samespraak, getiteld “Met Alfred Schaffer op die brug”.  Sy lesing word dan ook gesien as die amptelike opening van Samespraak. Naas T’Sjoen se openingslesing, word twee referate deur Samespraaklede aangebied. Martina Vitackova (UGent) bied die voorlegging van haar projek aan, getiteld “Er gebeurde kanker. Autobiografische narratieven van vrouwlijke borstkankerpatiënten in het Nederlands en het Afrikaans” en Andries Visagie (US) die buitelyne van sy projek, getiteld “Vanuit ‘n gedeelde literêre klimaat: ‘Die man met die swaar been’ van Jan Rabie en ‘Wat gebeurde er met sergeant Massuro’ van Harry Mulisch”.

Samespraak bied ‘n vol kalender vir die eerste semester in Februarie, Maart, April en Mei aan. Op 24 Maart lewer Delia Rabie (UP), Francine Maessen (UvA) en Jessica van Wynsberge (UGent) die voorleggings van hulle projekte aan, en op 28 April, Bibi Buger (UP), Alwyn Roux (Unisa) en Evelyne Shamier (UU). Op 26 Mei kan Samespraaklede uitsien na ‘n skrywerswerkswinkel saam met die P.C. Hooft-pryswenner, Alfred Schaffer.

Die tweede semester se program is nog nie gefinaliseer nie. As jy belangstel om deel te word van Samespraak, stuur gerus ‘n e-pos aan Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za of aan die Samespraakbestuur by samespraak@gmail.com.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d