Ronel de Goede. mingerhout
mingerhout
om wakker te word met die woord
mingerhout
nie te weet waar dit behoort
in die oerbos van die brein
mingerhout
wortel geskiet in die ondergrond
van vergeet se papiergrein
mingerhout
net ’n akkoord wat pront
en groen aanmeld wellig
’n mingerhout
om te boom in ’n gedig
© Ronel de Goede, 2021
Lieflik. Dankie!
‘n Mymergedig op haar mooiste.
Ronel, wat ‘n lieflike gedig. En dis so. lekker om weer iets uit jou pen te lees.
Uitstekend. Ons sien uit na ‘n bundel van hierdie digter.
Haar debuut bly nog altyd een van my gunstelinge.
Dankie aan almal vir die kommentaar. Ek waardeer dit. Groete
Ronel
Lieflik Ronaldo
Wonderlike talent
Mingerhout
Kan nie wag vir nog meer?
Baie dankie. Waardeer.