Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 February 202119 February 2021

Ronel de Goede. mingerhout

 

mingerhout

 

om wakker te word met die woord

mingerhout

nie te weet waar dit behoort

 

in die oerbos van die brein

mingerhout

wortel geskiet in die ondergrond

 

van vergeet se papiergrein

mingerhout

net ’n akkoord wat pront

 

en groen aanmeld      wellig

’n mingerhout

om te boom in ’n gedig

 

© Ronel de Goede, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ronel de Goede. Ballade van die honderd dae
Ronel de Goede. die rooi kruikie →

8e gedagtes oor “Ronel de Goede. mingerhout”

  1. Ronel de Goede says:
    3 March 2021 at 15:21

    Baie dankie. Waardeer.

    Reply
  2. martingorgeous says:
    2 March 2021 at 11:07

    Lieflik Ronaldo
    Wonderlike talent
    Mingerhout
    Kan nie wag vir nog meer?

    Reply
  3. Ronel de Goede says:
    21 February 2021 at 20:43

    Dankie aan almal vir die kommentaar. Ek waardeer dit. Groete
    Ronel

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    21 February 2021 at 15:33

    Haar debuut bly nog altyd een van my gunstelinge.

    Reply
  5. Joan Hambidge says:
    21 February 2021 at 15:30

    Uitstekend. Ons sien uit na ‘n bundel van hierdie digter.

    Reply
  6. Susan Smith says:
    21 February 2021 at 14:35

    Ronel, wat ‘n lieflike gedig. En dis so. lekker om weer iets uit jou pen te lees.

    Reply
  7. Zandra Bezuidenhout says:
    21 February 2021 at 12:48

    ‘n Mymergedig op haar mooiste.

    Reply
  8. Jean Meiring says:
    21 February 2021 at 12:33

    Lieflik. Dankie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d