Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 April 20211 May 2021

Ronel de Goede. die rooi kruikie

 

die rooi kruikie

 

“Niña de color quebrado / O tienes amores o comes barro.”

[Sallow-faced girl, either it’s love or you’ve been eating clay.]

– Anoniem, Flor de varios romance nuevos y canciones (1598),

nageskryf deur Lope de Vega, El acero de Madrid (1608)

 

in ’n skildery met ’n skildery omring deur skilderye

in ’n vertoonsaal vol rame en figurante en bespiegelings

onder die plafonuitspansel van die Alcázar

met skadu’s van ’n onseker nou en ’n triestige toekoms

in die hoepelrok van ’n bestaan van balein- en traliewerk

’n opgepofte skepping in ’n steeds uitdyende heelal

van valle en frille en fieterjasies en beloftes

linte gestrik en blomme vasgesteek in die hare

geskik vir die okkasie

vasgevang in ’n koutjie

weerkaatste raaisels

 

staan die infanta

 

*

 

sê die hofdame:

staan net nóg ’n rukkie stil

neem ’n slukkie

van die koel watertjies

uit die búcaro

toe nou

jy kan netnou gaan speel

met Nicolasito en die hond

 

of, sê die hofdame miskien:

neem en drink

die hemels gegeurde water

dit baat die gelaat

dit lewer bewys van ’n lewe

beskerm teen die geniepsige son

dit maak ’n meisie teer

en begeerlik

 

of, moedig die hofdame dalk aan:

neem en eet

knibbel gerus

aan die kleirandjie

dit baat die lyf

jy sal dit nog nie begryp nie

die hartstogte van die hart

die ritme van die rooi

 

of, sê die hofdame waarskynlik nie:

neem en eet

dit baat die gees

dit voer jou weg

na geluksaligheid

dit laat jou ontsnap

uit die raam der rame

dit laat jou sweef

 

*

 

vyfjarige prinsessie

in ’n pronkrok

wyd oor die heupies gespan

haar vingers gekrul

om die rooi kruikie

afkomstig uit Guadalajara

 

neem sy dit

of sit sy dit neer

koppie weggedraai

ogies gevestig op die koning

die engeltjie

 

reeds aan ’t leviteer

 

© Ronel de Goede, 2021

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Velásquez: Las Meňinas
Ronel de Goede. Don Fausto neem afskeid →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d