(10)
wynplaas by Blouvlei
die stroewe wingerdstok se greep in die grond
vat ook iets onstofliks vas – dit is in my mond
gedra van elders reg deur donker kelders;
ons ontspan net hier – ontsnap die koronakoors – : gesond!
*
(11)
aan die voet van die Hawekwaberge
die gaste korrel nie na die Khoi-Khoi
maar aan ‘n tros van ‘n Franse druif so rooi
jy wonder wat van daardie ou herders te sê sal bly
die Hawekwa tog is deur ‘n soort plaag hier úitgegooi
© Waldemar Gouws, 2021

