Kwatrynkompetisie (33-34)
My lief, in kwarantyn skryf ek vir ons ‘n kwatryn
oor liefde en samesyn, rose en wyn,
want al sluip die pandemie rond soos ‘n dief in die nag,
bly staan die hoop wat nooit nie kwyn.
*
Dag en nag speel ek op my eensnaar-ramkietjie
Die ou, ou pandemieliedjie.
Die sin van die lewe lê in lief én leed, daarom:
drink die lewenswyn bietjie vir bietjie.
© Elisabeth Hentschel, 2021