74
Die pandemie vra so baie van mense:
offers en die prysgawe van wense.
Nuwe wyn vra nuwe sakke, die nuwe normaal vra
hoop, geloof en liefde sonder enige grense.
*
75
Pandemie en inkluistering vra nuwe verse,
want woorde bring lig soos kerse,
woorde verander water in wyn
en omvou ons harte salwend soos met sagte komberse.
© ElisabethHentschel, 2021

