50
Van veel plesier het Covid 19 ons beroof
Ure is daar in en uit die wingerde gesloof
Uit hierdie kelder kom daar goeie wyn
Hier is dit weer , soos beloof
*
51
Covid 19 het probeer my van my wyntjie te speen
Ure lank het ons in die wingerd sit en ween
Lawwe regulasies is uiteindelik wel verslap
Maar baie tyd en geld reeds daarmee heen
© Hampie van Staden, 2021

