71
Kom dans, Klaradyn,
en klink saam met ons ʼn glasie wyn
op die kosbaarheid van lewe, en die wete
dat die môrester ook in die pandemie-donkerte skyn.
*
72
In die nagstilte van die inkluistering
hoor ek die magiese fluistering
van die herfswind wat deur die wingerd ruis
en die lieflikheid van ʼn nuwe oes besing.
© Elisabeth Hentschel, 2021

