middelklasskemer
ek hoor die buurvrou stofsuig neuroties: die plek is al donker
mens sien haar gewoonlik met ‘n korrelpers masker
die huise staan hier na aan ‘n wingerd: hoë stokke, droë grond
so agtermekaar hou sy dinge vir haar eie mistieke wynmaker
© Waldemar Gouws, 2021

