Deon Meiring besing kwatryne
Stephan du Toit skryf:
Daar is gister aand ‘n baie suksesvolle kwatrynaand in die Breytenbach-sentrum gehou. Deon Meiring het van die inskrywings vir die kwatrynkompetisie inmekaar geweef en besing. ‘n Vyftig sterk gehoor het dit baie waardeer. Twee plaaslike deelnemers het hul eie inskrywings voorgelees (Botha en Lötter). Erkenning is verleen aan die digters wie se werk gebruik is, bv. Hugo, Bohnen, Bekker. Mense het die wyne en ‘n plaaslike byeboer se heuning geproe en geniet. ‘n Vrolike aand. Nogal ‘n groot groep jonger mennse ook daar.
Deon Meiring, Stephan du Toit en Albertus Buckle op die verhoog by die kwatrynaand. Albertus het een kwatryn in Frans vertaal en voorgelees.
Stephan du Toit en Deon Meiring