Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 August 202119 August 2021

Joan Hambidge. Ars poetica

 

Ars poetica 

 

Die gloeiende elektrisiteit

van inspirasie

soos “bad blood

under the bridge”,

(‘n gemengde metafoor)

word ‘n gedig wat gate crash

op Vrydag, die dertiende.

 

My gedigte pos

ek nou telepaties eerder as in

die rooi posbus se rooi bek

‘n blote wit olifant.

Jy hoor of lees

my nie meer.

 

Die aantal bene in ‘n kameelperd

se nek glo minder

as die dansende reëls

van ‘n villanelle;

‘n vorm selde ooit deur my

met oortuiging beheer.

 

“No possum, no sop, no taters”,

dig die man van Hartford, Conn.

op die agterkant van ‘n eisvorm

vir belasting of versekering.

Dié gloeiende vibrasie

van herinnering, waargeneem

eweredig sekuur opgeneem.

 

Laat staan sulke gedigte

laat staan!

 

© Joan Hambidge, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Waterpoel
Joan Hambidge. Digteres as huisvrou →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Ars poetica”

  1. Nicolaas says:
    17 August 2021 at 05:35

    Net jammer oor die laaste twee reëls.

    Reply
  2. De Waal Venter says:
    15 August 2021 at 10:34

    Ek het hierdie reis deur die digter se flikkerende geheue en
    wolkverwaaide emosies baie geniet. Ars poetica – die kuns om poësie te maak word boeiend hier gedemonstreer. Uiters onwaarskynlike elemente (as poëtiese materiaal) word “teen hulle sin” bymekaar gejaag om op ‘n moeilik verklaarbare manier funksioneel ‘n gedig te word. Dalk is een rede daarvoor dat elke reël iets treffends te sê het: kameelperd-werwels en villanelle, Engelse idiome wat tot fynartappel opgemesh word, daardie ou van Hartford enzovoorts. Nogal lekker om ‘n sterk konsep, losweg geklee in ‘n soort aweregse humor, waar te neem.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d