Hande wat teken M.C. Escher 1948
Die linkerhand weet oënskynlik nooit
wat die regter een nie reeds weet nie;
omdat die onbewuste (soos Jung kort
hierna sou uitwys) die scintillae as idee,
iets van die mundi future seminarium
naboots, nateken, belig, voorspel.
On the nature of the psyche van Carl Gustav
verduidelik iets van Maurits Cornelius
se beheptheid met orde en versoening.
Bewus of onbewus? Simbolies of letterlik?
Toevallig val my boek oop by entropie:
entropies slaan my boek toevallig toe.
© Joan Hambidge, 2021