kykNet Rapport Boekpryse

vir interessante en innoverende fiksie en feite in Afrikaans

 


26 Augustus 2021

 

kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2021: Kortlyste bekend

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2020 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit ’n rekordgetal van 114 inskrywings wat op ’n wye verskeidenheid platforms verskyn het.

Drie pryse word toegeken: vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik, sowel as langer, tipies meer akademiese resensies. Die drie wenners ontvang elk R25 000.

Vanjaar se keurders was die boekjoernalis en digter Bibi Slippers, die regisseur, skrywer en joernalis Mercy Kannemeyer, en Ryan Pedro, digter en draaiboekskrywer.

Die kortlyste is in alfabetiese volgorde soos volg:

 

FIKSIE:

 

Die aantal en gehalte van fiksie-inskrywings het aan vier resensente ’n plek op die fiksie-kortlys besorg. Soos in die riglyne bepaal, was Ryan Pedro nie betrokke by die keuring van Louise Viljoen se resensie oor sy digbundel, Pienk ceramic-hondjies, nie.

 

NIEFIKSIE:

  • Willie Burger: “Kies ’n boek” oor Soekmekaar deur Dana Snyman in Vrouekeur, 28 Maart 2020

http://vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/kies-n-boek-soekmekaar-deur-dana-snyman

 

LANGER RESENSIES:

  • Charl-Pierre Naudé: LitNet Akademies-resensie-essay oor Die nuwe Afrikaanse prosaboek saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk, LitNet, 16 April 2020

https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-die-nuwe-afrikaanse-prosaboek-saamgestel-deur-sonja-loots-en-steward-van-wyk/

  • Hans Pienaar: “Twiets vir Afrika: aktualiteit en potensialiteit in Die biblioteek aan die einde van die wêreld” deur Etienne van Heerden, LitNet, 25 Maart 2020

https://www.litnet.co.za/twiets-vir-afrika-aktualiteit-en-potensialiteit-in-die-biblioteek-aan-die-einde-van-die-wereld/

 

Die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, sê die leesproses was ’n plesier. “Daar was aangename verrassings in die kategorie vir langer resensies, en soos elke jaar was dit veral moeilik om ’n kortlys saam te stel in die fiksiekategorie, waar daar weereens ’n groot aantal besonderse resensies meegeding het. Aan die niefiksiekant was daar minder resensies as in ander jare. Die staatmakername het oudergewoonte ’n gerf sterk resensies ingeskryf, maar dit was ook bemoedigend om goeie resensies deur nuwe jong resensente en van nuwe platforms soos Klyntji te lees.

“Een klein punt van kritiek is dat daar foute in te veel van die resensies voorkom – skrywers se name wat verkeerd gespel is, en boektitels wat verkeerd aangegee word: hier moet die redakteurshand ’n bietjie sterker figureer (’n punt van kritiek wat resensente natuurlik graag met betrekking tot boeke maak, maar dis ook van toepassing op resensies).

“Dit was interessant om die verloop van die pandemie en die impak van die inperking tussen die lyne van baie resensies te lees, en weereens te besef dat resensies ook tydsdokumente is, en dat hierdie oomblik in tyd op fassinerende wyses deur boeke en reaksies op boeke gerefrakteer en weerspieël word.”

Die wenners word op Saterdagaand 11 September 2021 aanlyn aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse. Die skakel na die aankondiging sal op kykNET en Rapport se Facebook-blaaie beskikbaar wees.

EINDE

 

Vir meer inligting oor die pryse, kontak asseblief die administrateur, Anita van Zyl, by anita@vanzylpr.co.za of 021 422 3350/083 709 6677.

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*