
HEIN VILJOEN is die wenner van Versindaba se haikoe-wedstryd met sy 5 haikoes:
kaalvoet in ‘n poel
sit sy aandagtig en staar
skuim spat op haar dy
*
blos op die wange
kronkel skielik oor haar maag
‘n flits in ‘n grot
*
jou hand streel vlugtig
oor sy wang sy skurwe baard
warm soos son oor klip
*
jou glimlag sprei langs-
saam oor die hoek van jou mond
sonneblom vol son
*
sy stap die kamer
in weerkaats die son kil soos
volmaan bo ‘n rant
© Hein Viljoen, Augustus 2021

So mooi gedoen.
Baie geluk aan die wenner!
Wel gedaan, Hein!