Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 September 2021

Joan Hambidge. You in my twilight sky are like a cloud

 

You in my twilight sky are like a cloud

En mi cielo a crepúsculo eres como una nube

 

Jou blou oë sien

ek met ‘n eerste oogopslag.

Ons praat die taal

van ek-stel-belang-in-jou

die meet-en-pas

van die simboliese my place or yours?

Die heerlike ekstase van Uitsien,

Weersien tot die Uiteindelike Ingee,

Oorgee tot saamwees.

Ons klink glasies op dit wat kóm,

ons deel die rekening

met beloftes-maak-skuld.

Ek verlaat die restaurant

met die leuenspreek van ‘n ander afspraak

en stap af na die kelderverdieping,

neem my motor en ry

soos Lucy Jordan met ‘n oopdak

deur die strate van Ekstase en Wanhoop.

Ek bewaar ons Ontmoeting

soos ‘n Geheim (die meeste

liefdesverhoudings werk

immers ten beste klandestien.)

Tog wag ek op ‘n boodskap,

maar onthou die vele liefdesverse

wat immer uitloop op ‘n slot:

dis makliker om ‘n gedig te begin

as om een te eindig.

Jou blou oë sien

ek met die eerste oogopslag …

 

© Joan Hambidge, 2021

 

 

Pablo Neruda: Love Poem XVI (From Spanish)

Love Poem XVI
By Pablo Neruda
Translated by A.Z. Foreman

You in my twilight sky are like a cloud,
Your color and your shape are as I love them
You are mine, you are mine, dear sweet-lipped woman.
My endless dreams live on within your life.

My soul’s lamp pours its dyes upon your feet
Sweeter on your lips is my bittered wine:
Oh harvester who reaps my evensong,
My solitary dreams so feel you mine!

You’re mine, you’re mine, I shout it to the evening
breeze, and the wind is off with my widowed voice.
Huntress of my eyes’ depths, your plundering
Holds your nocturnal glance back, water-like.

You are caught in my music’s net, my dear
love, and my music’s nets are heaven-wide.
My soul’s born on the shore of your mourning eyes.
And in your mourning eyes begins the land of dreams.

 

The Original:

Poema de Amor VI
Pablo Neruda

En mi cielo a crepúsculo eres como una nube
y tu color y forma son como yo los quiero.
Eres mía, eres mía, mujer de labios dulces
y viven en tu vida mis infinitos sueños.

La lámpara de mi alma te sonrosa los pies,
el agrio vino mío es más dulce en tus labios:
oh segadora de mi canción de atardecer,
cómo te sienten mía mis sueños solitarios!

Eres mía, eres mía, voy gritando en la brisa
de la tarde, y el viento arrastra mi voz viuda.
Cazadora del fondo de mis ojos, tu robo
estanca como el agua tu mirada nocturna.

En la red de mi música estás presa, amor mío,
y mis redes de música son anchas como el cielo.
Mi alma nace a la orilla de tus ojos de luto.
En tus ojos de luto comienza el país del sueño.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Fisting-as-écriture
Joan Hambidge. If you forget me →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d