sleepweer
een septemmermaand
had ek’ie langpad
voetsaam na
namakkerland gevat
om mooiblom-
stories na te speur
toe stel’ie misweer
my teleur
want elke dag had wit-
sleep oor’ie veld gevou
terwyl’ie blomme
saamslaanhanne teen’ie
rante hou
met’ie stofpad t’rug
na aggeneys
had blomme hier-en daar
beginne kleur te wys
maar vér ver agter my
had sleepweer nog
soos lammers teen’ie
soekblomrante heen gewei
© Thomas Deacon, 2021
