Thomas Deacon. vir vincent van Gogh

 

vir vincent van gogh

(30/3/1853 – 29/7/1890)

 

sou jy vir my die huppeltjiedrup

van reën op die dor van onse namakwaland

uit jou skilderkwas kon laat spat

 

sou jy vir my die sterretjiegeel

van perdebos teen onse  swartkliprante kon laat los

 

sou jy die die spikkeltjiewit

op die punt van ‘n kanniedoodblaar

tussen huppeltjiedrup en sterretjiegeel uit jou kwas kon toor

sou ek vir jou rooiblou sporries

en geelgraansterre uit die swart van jou grasgroen hemel laat val

 

© Thomas Deacon, 2021

 

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Thomas Deacon. vir vincent van Gogh”

  1. Anna Bijns :

    Loflik-liewelik-lieflik…