Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 November 20218 November 2021

Bester Meyer. Laat ek dan stilgemaak word deur jou stilte

 

Laat ek dan stilgemaak word deur jou stilte

 

die vroue kyk op na jou pyniging

en jy glimlag af na hulle

ál begin die pyn jou

laat wonder:

My God, My God

waarom het U My verlaat?

 

van waar jy sou kom

om te volbring wat voorspel is

vir dié wat nog lewe

en dié wat reeds gesterf het

 

tog is jy in jou menslikheid só bevrees

oor wat binnekort moet gebeur:

dat jy jou laaste asem

sal moet uitblaas

oor ʼn stukkende wêreld

dat die kinders van elke stam en geloof

tot aan die einde van tyd in die strate sal kan speel

 

U moet verskriklik dors wees, my Heer –

tog bring die spotters jou

– soos altyd maar – suur wyn:

hulle wat ons wys wil maak

jy doen wat jy nou doen

vir ʼn sekere denominansie

en fok die kinders wat daagliks sterf

aan daardie gatkant      Gaza-se-land

 

máár    ons weet

− soos vertel in die blaaie uit die 83-vertaling geskeur –

die spies wat binnekort gaan binnedring

het ver ver ingesteek      verbygesteek

– dieper as wat verwag sou kon word –

om die Goddelike energiepunt van hart te priem

én − soos die geskrifte ons vertel −

in die hartschakra van ʼn God

is onvoorwaardelike liefde

ʼn kloppende fontein

wat ons bekers

met lewenswater sal vul:

vrygestel vir álmal om te drink

 

laat ek dan stilgemaak word deur jou stilte

laat ek dan heelgemaak word deur jou vrede

 

© Bester Meyer, 2021

 

(Laat ek dan stilgemaak word deur jou stilte uit Pablo Neruda se Gedig 15 soos vertaal deur De Waal Venter: Vandag is boordensvol. Naledi. 2019.)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise

Nuutste bydraes

  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)
  • Ferdi Wheeler. Remissie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
  • Miel Vanstreels. Siekebesoek
  • Digtersprofiel: Fransi Nieuwoudt

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d