Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 November 2021

TAALKOMMISSIE VAN DIE SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS: VAKATURES

VAKATURES

TAALKOMMISSIE VAN DIE SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS

 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns beoog om van 2022 die aard en werksaamhede van die Taalkommissie te vernuwe sodat meer kundiges in die standaardiseringsprosesse van Afrikaans betrek word en groter inspraak, demografies sowel as geografies met inagname van streeks- en sosiale variëteite uit die breë Afrikaanse taalgemeenskap, verkry word.

Die werksaamhede van die Taalkommissie sal ondersteun word deur (a) ’n adviespaneel en (b) ’n taalbank (digitale repositorium van die SA Akademie se taaldata). Die Taalkommissie van maksimaal sewe lede sal minstens een keer maandeliks virtueel vergader. ’n Jaarliks openbare webinaar sal gehou word om verslag te lewer van die belangrikste sake waaraan aandag gegee is.

Taalkommissielede sal kontraktueel vir ’n termyn van drie jaar aangestel word en werk op ’n deeltydse grondslag. Vergoeding is beskikbaar.

Aansoeke van belangstellende kundiges word tans afgewag vir die volgende vakante poste in die Taalkommissie:

  • Hoofredakteur
  • 2 x taalkundiges (spesifiek in die morfologie, sintaksis, semantiek of sosiolinguistiek)
  • 2 x taalpraktisyns
  • 1 x rekenaarlinguis (met kennis en ervaring van korpus- en leksikonverwerking, programmering in Perl/Python, en VB en Microsoft Excel)
  • 1 x nuwemediaspesialis (met taalkunde- en sosialemediakennis en goeie skryfvaardighede)

 

Aansoeke sluit op 25 November 2021

 

Stuur aansoeke met ’n volledige CV en rig navrae aan

die Hoof- Uitvoerende Beampte by ambeukes@akademie.co.za

Aansoekvorms is verkrygbaar by linda@akademie.co.za 

 

Meer inligting oor die Taalkommissie

 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ’n multidissiplinêre organisasie wat, benewens die bevordering van die wetenskap, tegnologie en literatuur in Afrikaans en die kunste, ook die gebruik en gehalte van Afrikaans deur sy Taalkommissie bevorder.

Die Taalkommissie is ’n besluitnemingsliggaam van die SA Akademie wat sedert 1914 die Afrikaanse taal bereël deur taalnorme vir die gebruik van geskrewe Afrikaans vas te stel met inbegrip van die spelling, skryfwyse, punktuasie en grammatika daarvan. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting in oor Standaardafrikaans aan die SA Akademie en die breë publiek. Elf uitgawes van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) opgestel deur die Taalkommissie het reeds oor die afgelope honderd jaar verskyn. Oor die jare het denke en vertrekpunte oor standaardisering telkens verskuif na gelang van veranderde omstandighede en taalbeskouings.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d