Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 November 202124 November 2021

Carina van der Walt. geskiedenis van ’n lawasteen

 

geskiedenis van ’n lawasteen

 

 

onkliplig lê jou versteende vorm in my hand

 

destyds was jy ’n jong boom op ’n vulkaniese berg

in ’n ketting     ontstaan aan die goudkus van Afrika

het ondersese aardbewings opgestoot in lae magma wat

vulkaantoppe soos skildpaddoppe laat stol voor dit uitbars

 

toe die Tenequía ontwaak vat jou blare vlam & ontplof in tonge

soos die stem van ’n klokkeluier wat brand-brand skree

 

hitte knak jou takke stroop die stam laat boombas met ’n knal losspring

vervorm jou bos in ’n plek monsteragtig gevul met nuwe dood

 

die vog in jou jaarringe vir ’n gedroomde lewe kook & verdamp

sissend soos iemand wat vinnig vertel sy luisteraars verlei

 

’n honger lawastroom lek-lek aan jou wortels soos

iemand wat in snelskrif opskryf met sy lesers flirt

 

glo dat sy waarheid aanvaar word terwyl ondergronds blase borrel & oopbars

rafyne in sy vertroue kerf vlug akkedisse & verkool jóú hout in diepte & breedte

 

terwyl jy doods omtuimel     onder geskinder by die krater se mond

inval     skuif ’n tektoniese plaat in die aardkors van wes na oos

verskyn meters nuwe eiland in die Atlantiese Oseaan

soos ’n breuklyn my van suid na noord laat verdwyn

 

ek vrugbaar klein boompie na ’n tektoniese kopskuif

 

© Carina van der Walt, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Carina van der Walt. opgewek →

1e kommentaar op “Carina van der Walt. geskiedenis van ’n lawasteen”

  1. carina van der walt says:
    23 November 2021 at 17:28

    Vulkaan Cumbre Vieja op La Palma het op 19 September 2021 tot uitbarsting gekom. Dit hou steeds aan – na ses-en-sestig dae. Ek was in 2009 op La Palma. Destyds het ons op die San Antoniokrater se rand gestaan en na die swartgeblakerde landskap gekyk waarop die plantegroei na sy 1766-uitbarsting nog nie regtig vat kon kry nie. Suid van San Antonio het vulkaan Teneguía afgesper gelê. Dit het in 1971 uitgebars. Nou, vyftig jaar later, is dit die Cubre Vieja se beurt. La Palma lê op ‘n tektoniese breuklyn in die aardkors. Voorspellings wil hê dat hierdie eiland uiteindelik onder die Atlantiese Oseaan sal verdwyn, maar in werklikheid word dit tans groter deur die lawa wat in die koue seewater stol. “geskiedenis van ‘n lawasteen” is geskryf na aanleiding van ‘n verkoolde stuk boomstam waarvan die bas deur die versengende hitte van ‘n vulkaanuitbarsting half afgespring het.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d