Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 November 2021

Bester Meyer. en ruimtes word geopen met behulp van wind

 

en ruimtes word geopen met behulp van die wind

 

Net ʼn oomblik. Nooit meer as ʼn oomblik nie. Miskien kan ons nie meer as ʼn oomblik op ʼn slag verduur nie. Ek onthou. Ek sal probeer verder gaan. Hierdie vreeslike ruimte om ons skep die stilte waaraan ek jou, soms, mag erken en deur jou erken mag word.

                                                                                            – André P Brink

 

 

by die oerrotse het ek jou gesien soos jy is

toe ons naakte lywe

in die aanskyn van alleenheid

ʼn kuur kon vind

vir my verharde slawehart

 

waar ek ten spyte van alles wat

wit en bruin en amber en goud is

jou diepste kon absorbeer

en ons onsself kon reinig

in die rotspoeletjies van tyd

 

om deur die tog te Karoo

gebrandmerk te word

met ʼn Afrika-son

wat ons verskroei het

– soms jou Europese lyf

stukkend gebrand het –

totdat daar niks anders was

as om te oorleef

op die wete van mekaar se lywe nie

die dors te les uit mekaar se sappe nie

 

hoe ek jou skugter kug moes beluister

in die grot van ons-amper-verkluiming

en die hond – man se beste vriend –

het saam met die aasvoëls

kos vir ons opgepik

langs ons vuurtjie kom neersit

totdat ons selfs hom – stomme dier –

moes offer om vir oulaas aan’t lewe kon bly

 

 

maar soos die reis só die lewe

niks meer niks minder

niks inniger

as die liefde nie

 

en om as die son een môre oor die einders breek

en jy niks meer oor het om te verloor nie

en niks meer oor het om te vind nie

die Kaap – wat in ons drome gewag het –

tegemoet te strompel

die slaweklok opnuut helder te hoor beier

te sien hoe haar Europese wit lyf

nou vlinder in beskaafde somersrok

én my hart te voel losbreek

as oomblik in die wind

 

© Bester Meyer, 2021

 

(en ruimtes word geopen met behulp van die wind uit Pablo Neruda se Sonnet XXIV soos vertaal deur De Waal Venter: Vandag is boordensvol. Naledi. 2019.)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Bester Meyer. en ruimtes word geopen met behulp van wind”

  1. Bester Meyer says:
    25 November 2021 at 20:56

    Dankie vir die mooi en handige kommentaar, Helize.

    Reply
  2. helize van vuuren says:
    24 November 2021 at 19:35

    Grootse grot- en vuur-gedig – vir almal wat “niks meer oor het om te verloor (…) of te vind”. Laat dink aan Louw se “Groot ode”. Hier net soveel meer toeganklik, en vir vandag. En bowendien ook aan Opperman – sy “Bontekoe” waar hul die jong seun se lyf wil eet, soos hier die hond, en “Cabo de Boa Esperanza” na sy KOMAS – strompelend een oggend weer “die Kaap” en die slaweklok se beiering.
    Groots. Lieflik. Als insigself-opnemend en verteer, met daarby die liefde, en die klein vuurtjie van Marais se Boesman-alleenmeisie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d