Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 December 2021

Franco Colin. Hare sny by Damian

 

Hare sny by Damian

 

Oorgange en transformasies neig ondergronds.

Grotagtig, langs aankoms en vertrek

van ʼn onderdakparkeerarea pryk

die haarkapper van Brooklyn-sentrum.

ʼn Barbierspaal pen kleim af vir bloedlating.

Wankelrige stapelstoele wag beurt af, vreemd verbleik

sonder sonbrand. Sagte beligting op chroom

barbierstoele voor spieëls verbloem die bles

kopdos. Klante  ̶  slo-mo predatoriese vismanne  ̶

skool die glastenk binne:

Simson-baracuda versoek ʼn poensskeer;

short-back-ʼn-buggerall-sides vir ʼn retrenched CEO-haai.

Jy sit omring met voosgevatte CAR Magazines

vol obsolete vervoer; POPULAR MECHANICS

beveel argaïese doen-dit-self planne aan; ʼn misplaasde

FAIR LADY proseliteer ewige jeug deur Botox,

bied kure aan vir die anorgasmiese vrou.

Barbier Damian (nom de guerre of voorbode?)

pak kaalkop die alopesiastryd aan tussen statiese

action figures en gedevalueerde banknootmuurpapier.

Sy glimmende elektriese sens maai jou yl tonsuur:

gʼn wolvag hier te gradeer nie.

Damian bied ʼn pomadesproei aan wat ruik na naeltjies:

gebottelde angeliere is tog geen antidoot teen tyd nie?

 

© Franco Colin, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Franco Colin. Breinskandering →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d