Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 December 2021

Bester Meyer. Gebruiksaanwysings vir lees: Smits-gedig

 

Gebruiksaanwysings vir lees: Smits-gedig

 

ver(sk)yn verdwyn

mag die aan(spoor)ing

nuwe woorde bring –

 

vers(k)yk is nie sonde nie

verskyk is so raar

nie waar nie –

 

ver(sk)yn verdwyn

mag die droomboot

ont(spoor) in die niet

én die nag se verhale

vir oulaas

die sterre laat val

uit die dak van hierdie kosmos

 

mag dié wat een is

beséf hulle is twee

en dié

wat dink hulle is twee

onttroon word in die Één

wat hulle tweeledigheid omvat

 

ver(sk)yn verdwyn

mag die skyn

verdwyn

en die

sterre

hang

 

en dan

verdwyn

– harlekyn –

en hierdie nag se (s)yn

in sy eie karmo-(p)yn

verdwyn/verskyn

 

 

(vervang (sk) (p) en (s) met mekaar

 in enige droomvariasie van sterre)

 

 Inkleur-ling: Smits-gedig

 

mot in ʼn wit nagrok die lug is vol aand (vanaand)

skemer van reisende stemme

wanneer die wind soos ʼn geheim opstaan

uit die veld van lang bewende gras(se)

oral die lig wat oorskiet           sal die meer jou silwer (lyf vertroetel soos ʼn)

muntstuk onder die maan      ʼn hand vol beentjies      ver (anderkant die) hoofweg van oë

wanneer die veld van hoë brandende stemme oorlog (maak) op die sagte bonsende har-

tjies van veldmuise    sal die huis van twee(-)linge bly staan (op die fondasie van wat nie is nie)

& in die diep kamer van (wat) is     daar slaap (ons) wanneer die meer van geweldige waters

oor jou klein kom(-pakte handjies vou    en ʼn spreek-)buis van 8 pare (liefdes-)hande (is)

& die verf dop af soos eiers (wat oopbreek) & in die krane draf die kat

met voete van reën deur die oog van die stoeplig

tot diep in die (donker) nag (in)

 

(Die gedig verskyn in mag die diep slaap jou dan, Hilda Smits. Protea Boekhuis. 2021. Die invoegsels en verandering van strofebou is die van dié leser. Gebruik met vergunning.)

 

Ontklee-ding: Smits-gedig

 

(draf die aand haal jou in)

soos ʼn mot om ʼn kers

asem jy in en uit –

binne jou karkas

knabbel strominge water

aand vir aand

dood na dood

tot aan die buitewyke van is

 

(as jou hart woestyn alleen was)

dan was die gedig dalk ʼn narratief

ʼn rigtingwyser

van wat die lewe

jou probeer wysmaak

 

in die kinkhoes van bestaan

is alles

gebaseer op woorde

wat water simuleer

om drome/rowe te vind

wat aan lettergrepe hang

 

as die gedig wit is

rooi soos jóú bloed

sal my melodieë – vloeibaar –

aan jou woorde gebind (kan) word

om hulle weg see toe te baan

soos alle donker riviere

van smart

 

(draf die aand haal jou in)

soos ʼn mot om ʼn kers

asem jy in en uit –

en dis die wind

wat waai

(wat waai soos swart broccoli in die nag)

 

(Die woorde tussen hakkies kom uit ʼn gedig soos verskyn in mag die diep slaap jou dan, Hilda Smits. Protea Boekhuis. 2021. Gebruik met vergunning.)

 

 En dan oplaas: ʼn gedig?

(lees dalk eerder: Gesig)

 

mot, daar was ʼn dreuning in die lug (vanaand):

die see ʼn swaard

aan die oor van die hawelose

en ek erkentlik vir die nag (se) geheime:

óm as die oseaan ʼn brandende pyn is – jou (lyf) te (vertroetel soos ʼn)

masochis wat die mond van die maan (anderkant die) gewelf van dinge

probeer opskryf wegskryf omskryf: wat die (maak) oorbodig maak

jou te probeer bind aan die huis (-) dowe god waar ydelheid rus (op die fondasie van wat nie is nie)

daar wat ons ís en (wat) ons máák ons die ons maak wat (ons) ís

waar jy jou netjies ver(-pakte handjies vou    en ʼn spreek-)taal vir Afrikaanse (liefdes-)woorde (is)

waarvan alles (wat) -moontlik- (oopbreek)-baar is       moet oopbreek

en eindelik sal vervloei: in die (donker) oseaan (in)

(gisteraand, mot:     ʼn skittering van sterre)

 

© Bester Meyer, 2021

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nuwe Bundel. Hilda Smits: mag die diep slaap jou dan
Bester Meyer. Man-se-pen →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d