Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 January 2022

Bester Meyer. Man-se-pen

 

Man-se-pen

 

in die begin was daar dood

en die dood het mens geword

om tussen tyd-se-poeletjies

te soek na die Kammakastigland:

ʼn wêreld met die wese van woorde-as-verstand

 

en die mens het gesoek en gesoek

én deur ʼn vloek

uitgekom by ʼn deur

wat hy tot sy sterwensdag

nie kon oopmaak nie, nie kon deurgang vind nie

 

en die dood het woord geword

om die mens in staat te stel

om te woeker met

– wat as man-se-pen bekend sou word –

tóg het die woordlose dood

die mens verskeep

in woord-se-boot

na vreemde kuste

waar vure van lettergrepe, grammatika

idioom-drome en nie-werklike mymeringe pols

 

en die mens het woord-se-boot

laat anker gooi aan vreemde kuste:

hóm te leer gesigte fatsoeneer –

hóm te leer gedigte fabriseer –

hóm te leer lirieke harmoniseer –

hom te leer hoe en wat en hoekom is dit die sing

wat aan die wêreldse konings hulde bring

 

man-se-pen het gewoeker met die dood

geloftes met hom aangegaan

sodat die sterkstes kon oorleef –

én vir ʼn ruk lank het woord-se-boot

koning van die konings gekraai

maar – ten laaste –

het man-se-pen homself drie maal verloën

en deel geword van die ideologieë van reisigers-van-die-nag

en die reisigers-van-die-nag

het ʼn afgodsaltaar

vir woord-se-boot gebou

en die seun-van-mens

aan die altaar vasgeketting

vir duisende jare van woord-loos-heid:

om in die duisternis oordeel te spreek oor:

man-se-pen

woord-se-boot

– en selfs – reisigers-van-die-nag

 

 

en in die duisternis

het die mens aangehou

om – op sy knieë – na woorde te soek

maar in al sy pogings kon hy nie

die aartsvyandige dood uitdoof nie –

en al wat van mens-se-lewe oorgebly het

was om – wanneer die nanag mooi en stil is –

te probeer om seun-van-mens van die altaar te bevry

déúr man-se-pen wat elke grepie lig kon bewerkstellig

sodat geen reisiger-van-die-nag óf koning óf duisternis

dit kon bedwang, uitdoof of aan bande lê nie

 

dit was per slot van rekening man-se-pen

wat woorde vooropgestel het

én in die handelingstransaksie

is woord-se-boot

weer ʼn regmatige plek

in die samelewing gegee,

alhoewel sommiges beweer

dat seun-van-mens

in die proses verraai is

en dat dit steeds woord-se-boot se modus operandi is

om hom soms doodstil sonder woorde agter te laat

 

dít, dan altans, soos wat die teenstrydighede dit sou wou hê:

totdat die woord Mens geword het

 

© Bester Meyer, 2022

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Gebruiksaanwysings vir lees: Smits-gedig
Bester Meyer. X →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  2. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  3. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  4. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  5. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d