Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 September 2026

Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose

Metamorfose

Ilse van Staden

Omslag

Julia het ʼn middelmatige, middeljarige bestaan as optometris in ʼn onuitsonderlike dorp, maar is nietemin dankbaar vir drie seëninge: haar oë, haar hande en haar onafhanklikheid. Dan word haar lewe ontspoor deur ʼn ernstige besering. Haar betrokkenheid by die beplanning van ʼn sensoriese tuin, haar kunstenaarbroer se nimmereindigende nuwe idees en die plantkundige met wie sy aanhou paaie kruis, help alles in ʼn proses van transformasie waarvan die uitkoms vreemder is as wat sy ooit sou droom. Deur besinnings oor sensasie en persepsie, oor werklikheid en fantasie, oor skending en heling ondersoek die roman die mens se bestaan in ʼn komplekse wêreld waar die grense tussen wesens wasig word.

Ek het asemloos aan dié boeiende boek gelees. Die verwewing van wetenskap, kuns en fantasie is buitengewoon geslaag. Die karakters is interessant en oortuigend. Die taalgebruik vars en vindingryk. Wat kan ‘n mens meer van ‘n boek verwag? Niks, behalwe dat dit wyd gelees sal word! – Daniel Hugo

OOR DIE SKRYWER

Ilse van Staden (1972) is in Pretoria gebore, maar het grootgeword in die Waterberge in die Limpopoprovinsie. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Pro Arte (Pretoria) en studeer veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi ook ʼn BA-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan UNISA. Haar debuutbundel, Watervlerk, ontvang die Eugène Marais- en Ingrid Jonker-prys. Sedertdien publiseer sy nog vier digbundels, ʼn kortverhaalbundel en twee romans. Die jongste is Palimpses wat in 2022 by Turksvy verskyn het. Sy praktiseer tans as veearts in New South Wales, Australië.

 

[Turksvy Publikasies. 2026.FORMAAT: A5. AANTAL BLADSYE: 166. PRYS: R270.00 (BTW ingesluit). ISBN: 978-1-0483-2139-5]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ilse van Staden. Die Dans

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d