wees
die verlore babaduif
op die sypaadjie onder sy nes
veertjie-dons yl en regop
aan sy onvaste lyf
reflekteer primitief
die ou-oumens
op die randjie van (sy) menswees
laaste donshaartjies staties-orent
op sy deurskynende kop
© Elmarie van Kampen, 2022