Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 January 2022

De Waal Venter. Leerstoel

 

 Leerstoel

 

Uit my stoel

ondersoek ek

die pens van die heelal.

 

Spene voed

suiende gestaltes

van yl-bedrade wiskundige entiteite

met vars strome kwantums.

 

My stoel is in ’n wentelbaan

om die kop

van ’n jong meisie

met my daarin.

Ek doen waarnemings.

Sy lag want sy is ryk aan tyd.

 

Eintlik ’n batisfeer,

my stoel,

stadig, of dalk vinnig,

maar onvoelbaar

sak ons die diepte in

van ’n woord.

 

’n Skerp soeklig skyn,

belig vreemde strukture.

 

Voor ek begin daal het,

het ek geweet

watter woord dit is.

Dit is: woord.

 

Nou verstaan ek nie

die onbekende lewende hawe

wat tergend stadig

verbydryf nie –

fyn lyf soos ’n ballerina

se bra van kant,

deursigtig, met groot pers oë

wat oënskynlik vir my lag,

swalk statig verby;

net die agterkant

nou nog sigbaar,

dit lyk soos ’n sigaar

gemaak van jellie.

 

Ek gee die sein: boontoe.

 

Hier kan ek nie langer bly nie.

As ek die onverstaanbaarheid

van hierdie woord

langer moet verduur,

sal ek hom en sy maats

nie meer argeloos

kan skommel

en uitdobbel nie.

 

Verstaan?

 

 

© De Waal Venter

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Twee prosagedigte

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d