Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 January 2022

De Waal Venter. Twee prosagedigte

 

Peinsende muse. De Waal Venter

 

 

Prosagedig:

’n Gesprek sonder Yanni

 

Ek en my vrou sou graag vir Yanni Euterpe onthaal met ’n aandete. Ons sou skaapnek heerlik sag kon kook en vars groente uit die tuin daarby voorsit: slaaiblare van Cos, vet rooi radyse met wit voorkoppe, intense groen Switserse spinasie, kruie soos tiemie, marjolein en lourierblare. Verder, klein ronde aartappeltjies wat plakkies botter onmiddellik insmelt in hulle lywe.

Maar hoe kry mens haar so ver om lank genoeg te bly vir ete? Sy is altyd haastig, want, sê sy, ek is nie die enigste vir wie sy muse is nie.

Gister het sy gepraat van Sappho, maar as dit die beroemde Sappho van Lesbia is, verstaan ek dit nie. Daardie Sappho het in die jare twee duisend ses honderd en iets voor Christus geleef.

Maar hoekom dink ek ’n muse moet deur tyd gebind word? Ek, en almal wat ek ken, leef in ons geprogrammeerde tydperke: begin, verloop, einde. Maar lyk my dit geld nie vir Yanni nie.

Blykbaar moet sy aan die gang bly om die digters voor my en na my ook waarhede in te fluister.

Ek kan nie eers dink watter vorms toekomstige poësie sal aanneem nie – direkte kommunikasie van brein tot brein dalk?

Die punt is, waarhede verander nie, die vorms en voorkomste miskien wel. Vat nou maar Aristoboleles se idee: (’n tydgenoot van Demokritos. Geen van Aristoboleles se geskrifte het bewaar gebly nie.) Die menslike gees is onvernietigbaar, baie soos Demokritos se atoomdeeltjies.

Ek kan sweer ek het Dinsdag vir Aristoboleles in die supermark raakgesien. Hy het baie krities gestaan en voel aan ’n avokadopeer. Dalk werk hy aan ’n nuwe filosofie-tese.Ek hoop net hy sal onthou om spukhaften kwantum-verskynsels in te sluit. Dit is deesdae de rigeur.

Sien, ek het tot hier gekom sonder hulp van Yanni. Maar ek moet erken, dit is ’n bietjie

onsamehangend. Wat maak hierdie gedig (as dit ’n gedig is) ’n geheel? Ek sou sê, dit is die moeilik bespeurbare draad wat hierdeur loop, ontwykend, soos die genetiese kode vir kreatiwiteit,

’n baie dun draad.

 

*

 

Prosagedig:

’n Ordelose gesprek met my muse, Yanni Euterpe

 

Yanni het ingekom sonder dat ek dit dadelik opgemerk het. Sy sit met haar ken in haar hand en kyk by die venster uit.

Wat sien jy? vra ek.

Sy draai haar kop na my en haar donker oë beweeg stadig onder haar fyn wenkbroue soos sy my gesig bekyk.

Uiteindelik antwoord sy: Chaos.

Daarbuite? vra ek verbaas. Sy knik haar kop en sê: Lig stort ordeloos deur kolkende lugmassas, selle in plante verdeel en verdeel verwoed, insekte verslind mekaar, erdwurms sluk blindelings die aarde in. Dáár loop ’n hond met ’n meisie agter hom aan. Bokant hulle strompel wolke planloos teen mekaar in. Waarheen gaan die hond met die meisie?

Ek dink hy het ’n plan, bied ek huiwerig aan.

Ja, antwoord Yanni sag. Sy plan pas in ’n groter plan, wat pas in ’n ander een en dié pas in een wat groter is. Maar nie één word bedink nie. Die orde wat jy sien is ’n illusie op die buiterand van hierdie onmeetlike, onkeerbare onophoudelike chaos.

Yanni staan op en stap weg die chaos in.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. ‘n Pennie se sonde
De Waal Venter. Leerstoel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d