Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 January 2022

Zandra Bezuidenhout. Milano, per favore! 

 

Milano, per favore! 

 

Mediolanum was haar naam

voor die Romeine haar gegryp het.

Vandag is sy Milano,

die liefling van Lombardye,

maar op vreemde tonge

word sy van ‘n lettergreep beroof

en heet sy Milan of Milaan

sonder haar sagte, warm “o”.

 

Maar in ‘n middeleeuse klooster

straal Leonardo se “Laaste avondmaal”

steeds teen die binnemuur

van ‘n godverlate eetvertrek,

en aan die stadsplein

steek bidders steeds kerse aan

in ‘n ornate katedraal.

 

Meer glansryk bly musiek

en mode stadsbesit.

Op trapportale in Teatro alla Scala

swier Milanese bella donnas

soos modelle van Versaci of Armani

voor hulle aan die arm

van ‘n welgeklede metgesel

plaasneem  in die ouditorium.

Ná ‘n bekende ouverture

dra die stemme van soprane

hoog en helder tot in die losies,

donker note tuimel laer, dieper

om die passie te verinnig

in die weeklaag van ‘n koor.

 

Dié wat hulle versadig het

aan beelde van Rome en Firenzi

ontdek die elegansie van Milano,

stad van terloopse estetika

in die gange en oorgange

van dag en nag.

 

© Zandra Bezuidenhout, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Zandra Bezuidenhout. Oktoberfest
Zandra Bezuidenhout. Digterslaboratorium →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d