
Versindaba wag op die oomblik opstelle in oor die verhouding tussen fisika en poësie – of ook die verhouding tussen poësie en wiskunde, ingenieurswese of enige ander wiskundige wetenskap of natuurwetenskap wat nog nie voorheen in druk verskyn het nie. Ons betaal R1 200 vir elke opstel wat gepubliseer word. Opstelle moet wetenskaplik of semi-wetenskaplik van aard wees. Lengte: 850+ woorde.
Gedigte met die bogenoemde tema, of ook gedigte wat natuurwetenskaplike onderwerpe as tema het en wat nog nie voorheen gepubliseer is nie, word eweneens ingewag. Die 10 beste gedigte wen elk R200.
Opstelle en gedigte moet in Afrikaans of Nederlands wees. Nederlandse skrywers wat ‘n Suid-Afrikaanse bankrekening het, sal vergoed word vir hulle werk.
Die Inhoudsbestuurder van Versindaba besluit oor die publikasie al dan nie van opstelle en gedigte en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Hierdie kompetisie eindig op 31 Mei 2022.
Alle inskrywings moet as ‘n Word-dokument by ‘n e-pos aangeheg word: Arial, 11-punt, dubbelspasiëring, asseblief. Inskrywings kan gestuur word aan die Inhoudsbestuurder van Versindaba by die onderstaande e-posadres:
Foto afgelaai by:
https://www.robotlab.com/blog/math-meets-art-are-you-inspired
