Bomskade
Woonstelblok in Borodyanka, Oekraïne
Die pen is net magtiger,
as die man met die swaard
kan lees
spot my vriend die digter
my vriend
se vensters was oë daar bo
op werwels trappe
en baksteenmure
hulle leë oogkasse
omraam geen ’n uitsig meer
op die straatteater buite
waaruit hy insigte kon bou
die straat se samehang
lê soos Lego-stukke op die plein
gedekonstrueer
Wat hulle wou gryp, het gebreek
hoe speel jy
met ’n gebreekte stad
© A. Döckel, 2022