Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 March 2022

Bester Meyer. Die Toring van Babel III – (in jou kil blou oë) 

 

Die Toring van Babel III – (in jou kil blou oë) 

 

in jou kil blou oë het ek my eie gesig gesien.

in die uitvoering van wat jy as reg beskou

het ek verstaan

wat ek

is

 

langs die puinhope het ek die kinders sien huil

aangetrek in die vodde flenters

van wat ons geword het

om by dié punt

uit te kom

 

ons het onsself opgehys na ons eie toring van Babel

maar ons vlerke is al van ons oorsprong af geknip.

van die begin af is daar aan ons verduidelik

dat ons mag vlieg

maar dat niemand deur die vlug

leed aangedoen moet word nie –

dat niemand as gevolg van ons vlugte

huisloos gelaat moet word nie –

 

keer op keer is die toring ter helle neergelaat

om in die aangesig van die bose

vir die man in swart te leer

dat die toring nooit die hemele sal kan bereik nie.

keer op keer het die toring in vergetelheid weggesink

en keer op keer moes vredemakers

en geweerslingeraars ingryp

– en hulle ook maar mens – reusagtige koppe –

en soms is die besluite – uit die aard van die saak – geneem oor hulle

en nié oor die kinders in hulle vodde flenters nie

 

in jou kil blou oë het ek my eie gesig gesien.

in die nakoming van my belofte

om jou as my gelyke te aanvaar

het ek verstaan

wat ek

is

 

die brandstigter, die nek-trappende rassis,

die selfmoordbomaanvaller, die korrupte eiendomsmagnaat

die virus in die long, die president se uitvoerende tong –

mý vinger op die knoppie van die hommeltuig se ghong

 

in jou kil blou oë het ek my eie gesig gesien

en in die uiteinde van wat ek geword het

het ek myself in die spieël bekyk:

die punt van die pistool

harder teen my tempel gedruk

en onbedaarlik begin huil

 

© Bester Meyer, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. X
Anton Döckel. Bomskade →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d