Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 20229 March 2022

Digtersprofiel: Melanie Grobler

 

 

 

Melanie Grobler is in Warmbad (Bela-Bela) gebore en het in Rustenburg, Noord-Wes groot geword. Sy is getroud met Piet Grobler; hulle het twee dogters en een seun.

Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer: BA in Sielkunde en Filosofie, daarna ’n Magister Artium (cum laude) in 1992: Kalligrafie op Geografie. ’n Konseptualisering van die skilderkuns van Nico Roos: Histories en Kontemporêr. Sy voltooi daarna ’n doktoraal in Kunsgeskiedenis: Against fixity: a hybrid reading of Breyten Breytenbach’s art, poetry, writing, aesthetics and philisophy.

Sy het verskeie kulturele projekte by die Instituut vir Voortgesette Onderwys, Unisa, asook die Kultuurburo van die Universiteit van Pretoria aangebied. As visuele kunstenaar het sy van 1982 tot 2002 onderrig by die Art Studio in Pretoria gehad.

Kunsuitstallings

1982 – 2002: 12 solo- en groepuitstallings

Toekennings

  1. Honneurs Kunsgeskiedenis cum laude
  2. Akademiese erekleure vir Meestersgraad
  3. Beurs van die Franse Instituut (Johannesburg) vir die dokumentasie van Breyten Breytenbach se skilderye, tekeninge en installasies in Parys, Amsterdam en Haarlem. Die skilderye en tekeninge by uitstallings in Kaapstad, Durban en Pretoria is ook gefotografeer.

 

Tussen 1992 en 2000 is kortverhale in ses versamelings, en digkuns in sewe versamelings gepubliseer.

 

Digbundels:

Tye en Swye in die lewe van Hester H. Tafelberg. 1991.

Ontvang die Rapportprys en was op die kortlys vir die CNA-prys.

Die Waterbreker. Tafelberg 2003. Op die kortlys van die Universiteit van Johannesburg Prys.

Deur Ruite van die Reis. Human & Rousseau 2013

Die Huis van Tyd. Larmenier. 2020

Veertig Gedigte (ongepubliseer)

Bloedvlekblom (Christiaan Diedericks & Melanie Grobler, ongepubliseer)

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

    • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
    • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
    • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
    • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Hennie Aucamp
Digtersprofiel: Christine Barkhuizen-le Roux →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d