Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 March 2022

Mellet Moll. Gaston Bachelard: In ruimte, tyd en materie

 

Gaston Bachelard: In ruimte, tyd en materie

i.

 

en dáár, onder die bome, het ons gesit

jy het my van Rilke vertel –

en dat die bome manjifiek is, maar tog,

dat die ruimtes tussen die boomtoppe

’n verhewenheid het, dat dit saam met

die bome groei, dat dit waardiger word

soos wat die krone bejaardheid bereik

 

ii.

 

en ons het die bome opnuut ingeasem,

die vars lug was ons portaal na vryheid

waar ons gewandel het tussen hemele,

toe die tyd ’n onsterflike pelgrim deur ’n

realm van gedroomde voorlewens was

en ons het die suurstof statig verwissel

om ons oneindigheid self te kon ervaar

 

iii.

 

totdat die water in vloed met die spruite

en strome hulle eindbestemmings vind

in die dieptes van ’n anonieme oseaan

waarin ons kon vertoef en ons innigste

geheime met die water kon deel, en die

fonteine ons weer daaraan herinner het

dat ons die aarde aan die water herken

 

iv.

 

ek was ’n kind wat die onblusbare vuur

van die verlede met wye oë kon ervaar,

ek het aanhoudend bly voortbeur, weg

van die eksistensiële vlamme en gesien

dat alles agter my drome was, dat alles

om my net oomblikke was, en dat alles

voor my helder was deur ’n tydlose lens

 

v.

 

daarná wou jy my van Baudelaire vertel,

jy het gesê hierdie alledaagse skouspel

was die simbool van ons eie grootsheid,

en die konvergensie van die verbeelding

van twee verlore mense is ’n voorspraak

van die poëtika van onverkende ruimtes

in die doolhowe waarin ons twee dwaal

 

vi.

 

en toe terug onder die bome het jy vir my

’n huis gaan wys, vol ongeleefde lewens,

en ’n stilte waarin ons onsself verloor het

jy het gesê poësie is net die verrekening

van die drome wat langs die pad verruil is

en dat ons ons enigheid tussen die mure

en die rame en die plafonne kon bewaar

 

en jy het vir my ’n skoon vel papier gegee

en gesê eendag sal ek verstaan waarom

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Gaston Bachelard: Die poëtika van ruimte, tyd en materie
Mellet Moll. Vroed →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d