Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 2022

Johann Lodewyk Marais. Daphne en Apollo

 

Daphne en Apollo

 

’n Pyl vanaf Platberg het hom getref

en langs die Wilgerivier het ’n nimf

met lang, blonde hare hom meegevoer;

waar die wind die klere teen haar vaswaai

en sy in die lowerruigte versmelt

tot blare, takke en gewortel staan

in die aarde waar hy ’n boom omhels.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Klaarfontein
Johann Lodewyk Marais. Wladimir Poetin →

9e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Daphne en Apollo”

  1. Anton Döckel says:
    27 March 2022 at 15:12

    Die woord moes wees gedig en nie gesig nie. Ek maak maar staat op die halwe woord.

    Reply
  2. Anton Döckel says:
    27 March 2022 at 15:09

    Mag ek vra wat Platberg en die Wilgerivier by Harrismith, se rol in die gesig is?

    Reply
  3. Waldemar Gouws says:
    20 March 2022 at 21:41

    Johann Lodewyk Marais se Daphne het uit eie keuse (kontekstueel gebonde) getransformeer. Nou wonder ek hoe is dit met die vrye vers gesteld op die wal van die Newa, saam met die gelouterde muses, onder die arrogantste duim van vandag se groot fascis? Is daar dalk ‘n rebelse renoster? Kan Daphne se pa die duiwel frusteer en stuit?

    Reply
  4. Paul Schawoliwitsch says:
    20 March 2022 at 01:28

    Van die walle van die Neva: St.Petersburg, Mnr. Gouws

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    19 March 2022 at 15:13

    Gaaf van jou, Daniel. Ook dankie vir die korrekte publikasiedatum van die bundel.

    Reply
  6. Daniel Hugo says:
    19 March 2022 at 06:53

    D.J. Opperman: Daphne en Apollo

    Die jong Apollo het skaars weggespring
    en in die bos haar dun-groen rok geraak
    toe elkeen tot ‘n stroewe boom verwring
    met takke na mekaar, verstar en naak.

    So sal hul ewig na mekaar verlang
    sonder verwesenliking, want die mens
    word gou in harde vorms vasgevang
    en strak in bas en bloeisel afgegrens.

    Maar eindelik, gestriem deur reen en wind,
    raak hulle met die grense ook versoen
    en weet wanneer ‘n blaar of bloeisel val,
    groei die geskeide harte saam, verbind
    deur herfs en lente, deur ‘n diep seisoen
    wat roer in harmonie met die heelal.

    (uit: Heilige beeste, 1945)

    Reply
  7. Waldemar Gouws says:
    18 March 2022 at 13:26

    Werda, Paul. Kiëf of Moskou?

    Reply
  8. Paul Schawoliwitsch says:
    18 March 2022 at 10:50

    Gee ons asseblief die Opperman-gedig hier?

    Reply
  9. Waldemar Gouws says:
    17 March 2022 at 20:27

    ‘n Treffende verdigting en verplasing van Ovidius se weergawe van die mite. Van die tweede pyl, die andersoortige een wat vir Daphne getref het, wis Apollo tog nie. Opperman, met sy 1947-aanpassing van hierdie mite verdraai die storie drasties ter wille van sy keuse om dit te gebruik om sy siening van ‘n moeilike liefdesverhouding poëties in te klee.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d