Daphne en Apollo
’n Pyl vanaf Platberg het hom getref
en langs die Wilgerivier het ’n nimf
met lang, blonde hare hom meegevoer;
waar die wind die klere teen haar vaswaai
en sy in die lowerruigte versmelt
tot blare, takke en gewortel staan
in die aarde waar hy ’n boom omhels.
© Johann Lodewyk Marais, 2022
Die woord moes wees gedig en nie gesig nie. Ek maak maar staat op die halwe woord.
Mag ek vra wat Platberg en die Wilgerivier by Harrismith, se rol in die gesig is?
Johann Lodewyk Marais se Daphne het uit eie keuse (kontekstueel gebonde) getransformeer. Nou wonder ek hoe is dit met die vrye vers gesteld op die wal van die Newa, saam met die gelouterde muses, onder die arrogantste duim van vandag se groot fascis? Is daar dalk ‘n rebelse renoster? Kan Daphne se pa die duiwel frusteer en stuit?
Van die walle van die Neva: St.Petersburg, Mnr. Gouws
Gaaf van jou, Daniel. Ook dankie vir die korrekte publikasiedatum van die bundel.
D.J. Opperman: Daphne en Apollo
Die jong Apollo het skaars weggespring
en in die bos haar dun-groen rok geraak
toe elkeen tot ‘n stroewe boom verwring
met takke na mekaar, verstar en naak.
So sal hul ewig na mekaar verlang
sonder verwesenliking, want die mens
word gou in harde vorms vasgevang
en strak in bas en bloeisel afgegrens.
Maar eindelik, gestriem deur reen en wind,
raak hulle met die grense ook versoen
en weet wanneer ‘n blaar of bloeisel val,
groei die geskeide harte saam, verbind
deur herfs en lente, deur ‘n diep seisoen
wat roer in harmonie met die heelal.
(uit: Heilige beeste, 1945)
Werda, Paul. Kiëf of Moskou?
Gee ons asseblief die Opperman-gedig hier?
‘n Treffende verdigting en verplasing van Ovidius se weergawe van die mite. Van die tweede pyl, die andersoortige een wat vir Daphne getref het, wis Apollo tog nie. Opperman, met sy 1947-aanpassing van hierdie mite verdraai die storie drasties ter wille van sy keuse om dit te gebruik om sy siening van ‘n moeilike liefdesverhouding poëties in te klee.