Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 March 2022

Trienke Laurie. Flip van der Westhuizen

 

Flip van der Westhuizen

 

Ek sien die vloedfliek van die brug.

As spoorwegman sê hulle my aan:

“Keer weg die treine,

rangeer hulle uit die dorp.”

Daardie rampdag sien ek

die treinbrug keer vereers die watervloed;

die brug word ʼn damwal.

 

Laingsburg is sowaar gebou

reg in die rivier se pad.

Ander kere het seuns met skuite afgeroei

in die strate parallel met die rivier.

Hierdie keer het hulle sy stootkrag onderskat.

Op die rampdag vloei saam met die Buffel

ook die Wilger -en die Baviaans-.

 

Teen vyfuur krom die Buffel sy skof

met ‘n drukte van tonne water per sekonde

en ʼn oorverdowende gebulk,

gaan dit rof, voel ek om te vlug!

Die opvulwalle kalwer weg, gee mee

en die rivier maak see.

Toe die treinbrug  knak,  het ‘n wolk pikswart

oor Laingsburg kom hang.

Die breekspul het ‘n suigaksie laat ontstaan.

Mense was op dakke vasgekeer

maar toe word kleihuise meegesleur,

val dak na dak na dak en,

wanneer die huis val

ontplof dit in ʼn wolk stof.

Hier onder my is alles leeg- weggeveeg!

Nie eers die beste swemmer sou oorleef.

 

Net ‘n effense reën en ek onthou –

veral ook die aand dit was ‘n donkermaan…

Ek gaan haal my vrou waar sy werk in die hotel

maar ek raak vir my eie hande bang,

terwyl geen maantjie hang.

By ‘n huis gly ʼn vrou uit

op die water          uit dieselfde huis,

ook ʼn reuseteddiebeer op ʼn sponsmatras.

Jy sien die dinge gebeur, is magteloos,

geen mens kan gaan help nie.

Stemme roep uit, word stil…

 

Wie sou kon dink hoe swaar en wreed

ʼn reën kon wees, so wreed

dat ek nie meer oor reën kan juig nie

maar bang word as dit mot.

 

© Trienke Laurie, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Trienke Laurie. Terwyl ek skryf
Trienke Laurie. Andries van Wyk →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d