Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 March 2022

Melanie Grobler. Drie gedigte

 

1

 

Vanaf genesis tot apokalips

dwaal die ou nar deur die gebombardeerde stad

blou, die sneeu bedekte katedraal se gesange

slip om sirkel en deur melkblom flenters

blou muurpapier en asvaal laning

hanswors val onder ’n rooi sambreeltjie

toe die duif oë knip vir die vreetmasjien

en die sirkusolifante trompetter

panservoertuie, afgryslike besitname

bloed vloei skandelik oor die asfalt

’n bittere verlies, skandelike oorlogskrete

ag tog, die skare op sneeubedekte pleine

stad uitgewis, uit gesis, deur blou aar kneukelhande.

 

2

 

In die hart van die orrel hoor

ek gotiese klanke; duifvlerke

fladder teen wasige brandvensters

en ek ruik wierook aan jou hande

is dit Bach wat reën versamel in die kantate?

 

Swart bos blomme word sonates waar ek skuil

ruik weer die wierook aan jou hande, sluit my oë

daar is dié swart wolf, dié een met ysswart stewels

terug na die mis in B mineur

Lief, wierook aan jou hande.

 

3

 

Vanaf genesis tot apokalips

dwaal die ou vrou deur Kyiv se paaie, blou

die katedraal se bloedglas, blou

verby klip om sirkel en deur melkblom flenters

blou muurpapier en asvaal laning

ouvrou vel onder ’n lawwe sambreel

toe die duif oë knip vir die vreetmasjien

en die sirkusolifante trompetter

panservoertuie, afgryslike besitname

bloed vloei skandelik oor die asfalt

’n bittere verlies, skandelike oorlogskrete

ag tog, die skare op sneeubedekte pleine

stad uitgewis, uit gesis, deur blou aar kneukelhand

 

© Melanie Grobler, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthe McLoud. Weet jy dan nie
Mellet Moll. Slava! →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Doeblet
  • Marthé McLoud. Geskil
  • Dylan Allen. 1984
  • PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2026
  • Nuwe Bundel. Chestlyn Draghoender: OM TE LET GO

Nuutste kommentaar

  1. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  2. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  3. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  4. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  5. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d