Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 March 2022

Eunice Basson. Besoek aan Pelindaba

 

Besoek aan Pelindaba

Gedagtig aan Eugène Marais (1871-1936)

 

Blink soos lak in die oggendson rol ’n duisendpoot

voor haar voete oop, voel-voel oor die klam grond

op soek na rothout. ’n Ent van die opstal af,

onder karees en opslag, lê die voorsate met ’n uitsig

oor uitgediende drome van fisici en oorlogmakers.

 

In die koel rondawel-opstal met grasmatte

oor leiklipvloere wat in die winter na houtvuur ruik,

sou die digter hier kon asem skep. Sy verbeel haar

’n kaggel, smiddae reeds aangepak, waar hy langbeen

en vredig kon uitstrek, respyt vir sy gemoed.

 

© Eunice Basson, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Gaston Bachelard: In ruimte, tyd en materie
Eunice Basson. Legkaart →

2e gedagtes oor “Eunice Basson. Besoek aan Pelindaba”

  1. Piet Smit says:
    26 March 2022 at 10:18

    Dankie: nou vou die vers oop soos ‘n papierblom in ‘n waterkom…

    Reply
  2. Johann Lodewyk Marais says:
    25 March 2022 at 23:06

    Eugène N. Marais, wat lank hoofsaaklik by die Prellers in Blackwoodstraat in Pretoria (waar die Duitse ambassadegebou tans is) tuisgegaan het, het uitstappies saam met Gustav S. en Hannie Preller na Pelindaba baie geniet. In die 1930’s gaan hy heel dikwels na die plaas en bly sommer ’n hele paar dae oor. Die natuur was vir hom stimulerend en hy het in die somer graag buite geslaap. Andersins het hy in die rondawelhuis (bestaande uit drie verbinde rondawels) gewoon wat Preller in 1924 in die “Transvaalse Styl” as naweekhuis vir hom en sy gesin opgerig het. Volgens Preller het Marais in 1935 ’n gesondheidskuur op die plaas ondergaan en “lange tyd alleen in dieselfde rondawels gewoon, met sy chauffeur”. Dit is ook deur die Prellers se toedoen dat hy sy laaste ure juis op Pelindaba deurgebring het. Die Preller-egpaar en ander familielede is in die begraafplaas hoog op ’n plato begrawe.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d