Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 202214 April 2022

Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans

 

Rainer Maria Rilke. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Helize van Vuuren.

 

Die Luiperd
in die Jardin des Plantes, Parys

 

Sy staar is van verbyswiep van die tralies

nou so moeg, dit kan niks meer hou.

Dit voel na duisend tralies daar

en agter duisend tralies geen wêreld meer.

 

Sy sagte soepel gang so sterk getree

wat steeds in allerkleinste kring daar draai

is soos ‘n dans met krag alom ‘n sentrum,

waarin verdoof ‘n groter wil stilstaan.

 

Net soms skuif die voorhang voor sy oë

klankloos op – en vang ‘n beeld daar vas,

gaan deur sy liggaamsdele in gespanne stilte –

en stol dan in die hart tot niks.

 

(Rainer Maria Rilke, uit Neuen Gedichte 1907

 vertaling Helize van Vuuren, 13 April 2022)

 

*

 

Der Panther
Im Jardin des Plantes, Paris

 

Sein Blick ist vom Vorübergehn der Stäbe

so müd geworden, daß er nichts mehr hält.

Ihm ist, als ob es tausend Stäbe gäbe

und hinter tausend Stäben keine Welt.

 

Der weiche Gang geschmeidig starker Schritte,

der sich im allerkleinsten Kreise dreht,

ist wie ein Tanz von Kraft um eine Mitte,

in der betäubt ein großer Wille steht.

 

Nur manchmal schiebt der Vorhang der Pupille

sich lautlos auf – Dann geht ein Bild hinein,

geht durch der Glieder angespannte Stille –

und hört im Herzen auf zu sein.

 

Rainer Maria Rilke (1901) – uit Neue Gedichte, 1907

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans
Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans →

3e gedagtes oor “Rainer Maria Rilke. Vertaling in Afrikaans”

  1. Daniel Hugo says:
    18 April 2022 at 10:09

    Die luiperd
    (Jardin des Plantes, Parys)

    Rainer Maria Rilke

    Sy oog het van die tralies keer op keer
    so moeg geword, dit hou niks meer vas.
    Hy sien net duisend tralies, heen en weer
    asof daar agter duisend tralies niks méér was.

    Die soepel stap van sagte, vaste voete
    wat die allerkleinste kring kan maak,
    is `n gespierde dans al om `n middel
    waarin sluimerende wilskrag waak.

    Net partymaal skuif die oog se vlies
    geruisloos oop, en laat `n beeld na binne
    wat deur die lyf se gespanne stilte klief
    – maar in die hart dan stol en vries.

    Vertaling: Gunther Pakendorf (Woorde soos pluimsaad – Duitse gedigte uit agt eeue Perskor, 1990)

    Reply
  2. Helize van Vuuren says:
    16 April 2022 at 14:55

    Met jou “sneeuluiperd” het alles nuut begin te straal, daar teen die hang. ‘n Spilpunt van luiperds vóór en luiperds ná…Jou mirakelvers. Dankie ook daarvoor.

    Reply
  3. Jacobus Swart says:
    16 April 2022 at 11:28

    Dankie vir die vertaling van hierdie ikoniese
    vers, ter wille van die groter gesprek.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d