Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 2022

Mellet Moll. Nostalghia herbesoek, 2020

 

Nostalghia herbesoek, 2020

  

i.

Die pendulum swaai stadiger as vroeër

soos die metronoom wat die lewe wieg.

Sy seun verbeeld dít op die silwerdoek:

 

’n Man haal ’n aansteker uit en steek ’n

kers aan: eers die derde keer brand dit.

Hy loop veervoet in ruïnes met sy vlam

waar voorheen nog ’n mineraalbad was.

Die water drup en ’n vroegoggendbries

laat die brose kers fletter en flets en hy

neem die treë versigtiger én versigtiger.

En dan vergaan sy vlam en só begin hy

weer; en weer; en weer; en nog ’n keer

om die vlam tot by die anderkant te kry.

 

Domenico het vir hom gesê dis hoe die

einde van die pandemie plaas sou vind.

 

En hy, die digter, dink aan hóé dit voor-

heen was; onthou die ruimtes wat wyd,

en oop, en onbevlek bly wag het op sy

blik; die liefde wat gemasker was in sy

vier mure; sy vier mure; met WhatsApp

wat alleen tussen hierdie mure opklink.

Nog ‘n nuusflits uit die wêreld: ’n Video

oor Covid-19 van Dr Fauci op Youtube.

Andrei loop steeds en hou sy vlam styf

vas, asof hý by hierdie feesmaal brand.

 

Maar van 2020 en die lockdown onthou

hy min:

Hy onthou alleen ’n pendulum se swaai.

 

 

ii.

Hy glo nie meer die voorbodes of vrees

nie, hy vlug nie meer vir haatspraak, of

infeksies nie: almal en alles is onsterflik.

Die dood en die duisternis bestaan nie.

En hy het geleer om tyd te meet met ’n

geodetiese ketting, en daardeur gestap

asof dit ’n roete deur die Uralberge was.*

 

* Die laaste strofe is geparafraseer uit “Life, life” deur Arseny Tarkowski.

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Rhopalocera II
Mellet Moll. Franz Kafka →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d