Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 April 2022

Nini Bennett. Tarot-lesing

 

Tarot-lesing

16/4/2022

 

Die wierook slier,

’n kersvlam

buig om sy spil:

 

Die noodlot daag ’n hand.

 

Die Keltiese kruis-lesing open

met Die Toring, die krag

van Mars – twee missiele het

die Moskva gesink.

 

Die betekenaars onthul

hofkaarte, swaarde en nog-

maals swaarde – konflik en verlies

en Zelensky word geëer

as Die Gehangde Man.

 

Die weerstandskaart – Putin,

Die Dwaas met die nul waarde,

alles of niks. Die bystandskaart wys

Die Keiser, Olaf Scholz se gesig:

hy herbou die Duitse Wehrmacht.

 

Op Goeie Vrydag loods die Oekraïne

’n paasseël van ouds, nóú

posseël, postuum. Uit een mond

weerklink die oorlogskreet

se memes en mantras:

Go fuck yourself!

 

Die Hiërofant staan op sy kop.

 

’n Middelvinger word semiotiek,

Die Wêreld herrys as kroonkaart

en Google Earth

toon die ruitverwysings

vir kernwapens.

 

Ek soek die uitkomskaart,

oorlog en profesie,

Openbaring en Nostradamus

en bid tot Saussure en Derrida

dat dié différance

uitgestel bly.

 

© Nini Bennett, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Vulkaanwinter
Nini Bennett. Neopalpa donaldtrumpi →

1e kommentaar op “Nini Bennett. Tarot-lesing”

  1. Francisca du Randt says:
    19 April 2022 at 11:54

    Aangrypend! Nooit sou ek kon dink dat die teken van die middelvinger ooit iets anders as afsku by my sou wek nie – maar nou laat ‘n posseël my goedkeurend glimlag…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d