Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 May 20225 May 2022

Johann Lodewyk Marais. Greta Thunberg

 

            GRETA THUNBERG

 

Die kind is nie stil nie,

die kind sit met ’n plakkaat

– SKOLSTREJK FÖR KLIMATET –

voor die Sweedse Parlement

 vir die Aarde en lewe.

 

Die kind verhef haar stem

teen die leiers van die wêreld

in die optog van die kinders

deur die strate vir geregtigheid

en die bloed van die spesies.

Die kind is nie stil nie:

 

nóg in Stockholm, nóg in Nairobi,

nóg in New York, nóg in São Paulo,

nóg in Kampala, nóg in Glasgow

waar die kinders uitskreeu.

 

Die kind is die skadu van die heersers

op dreef met fabrieke, damme, kragstasies,

slagplase, snelweë, vliegtuie wat die lug deurkruis;

die kind is teenwoordig by vergaderings en konferensies;

die kind kyk in by die gierige agendas.

 

Sonder ’n jeug.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Karkas
Johann Lodewyk Marais. Retoriek →

2e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Greta Thunberg”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    10 May 2022 at 21:33

    Ingrid Jonker se kind is nog nie vry, veilig of gelukkig nie.

    Reply
  2. Gerard Scharn says:
    5 May 2022 at 11:30

    Met dank aan Ingrid Jonker, zij blijft inspireren.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d