Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 May 202217 May 2022

Ronel de Goede. Teddy & Nora

 

Teddy & Nora

 

Teddy & Nora het saam gelewe

op Toys ‘R’ Us se uitverkooprak.

En toe bankrotskap die baas laat bewe,

ontsnap in ’n plastieksak.

 

Teddy & Nora het saam geswerwe;

honger gely in New York se strate.

Stry gekry – hul vryheid aan skerwe.

Gevang oor hul doene en late.

 

Teddy & Nora moes apart gaan woon

in ’n traliekamp vir emigrante.

Konsert gehou en met kos beloon

vir hul rolle as figurante.

 

Teddy moes jag in ’n Mowgli-oerwoud;

Nora moes duik in ’n Frozen-plaspoel.

Met drome en planne as hul enigste behoud,

en ontvlugting as hul opperste doel.

 

Teddy wou na sy voorsate gaan soek

deur te ryloop na ’n piekniekbos.

Nora wou vaar na ’n vreemde uithoek

met ’n sneeukoningin op ’n eenhoringros.

 

Teddy & Nora het apart gesterwe:

hy op ’n knersvlak, sy op smeltys.

Daar’s niks as hul stories om oor te erwe.

Net die waarheid as droefste bewys.

 

© Ronel de Goede

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ronel de Goede. Don Fausto neem afskeid
Ronel de Goede. Herfs →

4e gedagtes oor “Ronel de Goede. Teddy & Nora”

  1. Ronel de Goede says:
    18 May 2022 at 19:36

    Baie dankie, Bester.
    Vriendelike groete
    Ronel

    Reply
  2. Bester Meyer says:
    18 May 2022 at 11:46

    Ek is ook mal hieroor. Daar skuil ook ietsie groter agter die woorde. Mens kan net nie jou vinger daarop sit nie. Dis mooi. Dankie.

    Reply
  3. Ronel de Goede says:
    17 May 2022 at 09:31

    Dankie, Joan. Waardeer.
    R

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    16 May 2022 at 14:24

    ‘n Puik (verdere) antwoord wat Opperman begin het en toe Pirow Bekker en De Goede in 1993, o.a.
    In Vuurwiel ook ‘n poging …

    https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-boggom-en-voertsek/

    So word Leipoldt nogmaals vereer in hierdie slim gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d