Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 202120 June 2021

Ronel de Goede. Don Fausto neem afskeid

 

Don Fausto neem afskeid

 

24 Junie 2012

 

jy’t my uitoorlê Ou Grote

ek sou eers oor twee jaar aftree

maar jy het my voorgespring

en ons bondgenootskap verbreek

’n lang pad het ons saamgestap

(dit vul my met heimwee)

vandat ons op Pinta ontmoet het

 

ons het mekaar verstaan

sonder veel gepraat by die watergat

anders as daai flambojante Diego

het jy geen nasaat al was daar vele kanse

hulle sê jy is die raarste wese op aarde

(die eensaamste die afgematste)

die enigste van sy soort

 

jy’t al drinkplek se kant toe gemik

toe ek vanoggend by jou aankom

ons het nog altyd na mekaar omgesien

moes tog wis dit sou gebeur

die een of ander tyd

(vervloekte mensdom)

ek was verdrietig verslae

 

dis die vleisvreters se skuld

die matrose walvisjagters prisoniers

dié wat die balhorige bokke ingevoer het

en Charles wat meegedoen en opgeskryf

en glo vir Harriet ontvoer het

(vreet roof seëvier)

ons almal is skuldig Jorge

 

ek hoor hulle gaan jou nou opstop

met jou oumensnek boontoe uitgestrek

soos wanneer jy my aankyk etenstye

onder die afdak van jou karapaks uit

as jy met mening weglê aan wat ek aandra

(ek sal die hek langsaam moet toetrek)

nie soos jou laaglê vanmôre nie

 

net jou naam

El Solitario Jorge my ou maat

en ek bly oor

by jou kampie

op Santa Cruz-eiland

(met uitwissing as nabaat)

eenling is die mens gebore

 

©Ronel de Goede, 2021

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ronel de Goede. die rooi kruikie
Ronel de Goede. Teddy & Nora →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d