Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 May 2022

Mellet Moll. Nuovo Mondo

 

Nuovo Mondo

Klaus Schulze & Lisa Gerrard

 

Die aarde gee geboorte aan ‘n nuwe hemel.

Haar baringstem raak hees en resoneer tot

swewings wat verby die stratosfeer tot daar

anderkant die ewigheid se einders deur die

ongerepte klankgrens tril. Frekwensies van

haar ongedane adhan word in ‘n kosmiese

ossiloskoop vibrasies van ‘n sinoïedale golf.

 

Met sonsopkoms oor Hirosjima hoor sý die

ewigheid, die swye van planete en getalle

wat hulle asems vir ‘n stille oomblik ophou:

afwagtend op die dreunsang van die gode

vanaf hul vergeleë grondstasies in die nag.

Daar puls ‘n heilige metrum in die reëlmaat

van die omwentelings van konstellasies in

 

die uithoeke van infiniteit, in ‘n ongedanste

ritueel van nalewe en nadood, van niks en

als wat is en was en nog sal wees. En ons,

die primitiewe wesens vanaf die weerlose

en bleek planeet, word uitgelewer aan die

verste lugstasies waar die relatiwiteitsteorie

gebruik word om die nuwe hemelruim te yk:

 

Swewend oor die aarde, wat woes en leeg

soos ‘n verlate vaartuig in die niet bly hang

terwyl ‘n klok weerklink en die stem van ‘n

ouman saggies sê laat daar weer lig wees.

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Wolodimir Zelenskij, 8 Mei 2022
Mellet Moll. Vuurwaens →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d