Vuurwaens
Vir Vangelis Papathanassíou
Ek het jou in die kosmos hoor eggo
saam met die stem van Carl Sagan.
Toe ons Abrahams en Liddell soos
ou vuurwaens sien wedywer het op
die strande van Sint Andrews, was
jy daar om die (sentimentele) tema
onderbewus in ons te laat resoneer.
Daarna het die lemloper teruggekeer
aarde toe, en jy het die replikante uit
die sterkolonies anderkant die multi-
vers gevolg: vir Ford en Hauer het jy
mét intensiteit en energie geaktiveer.
Maar over alles onthou ek jou vir jou
gode, vir Mythodea, Alexander en El
Greco, vir jou reise na planete en jou
landing op die aarde. Aan die muses
Polimnia en Ourania bring ek hulde.
Dankie dat jy Carl vir my gegee het.
© Mellet Moll, 2022