Pofadder
Bitis arietans arietans
Die pofadder lê doodstil
met ʼn suurstofpyp in sy keel
onder ʼn Zeiss-mikroskoop
en ná die afbind van die are
kom met die fyn, fyn voel
van die dissekteerskêrtjies
tussen vier hande
die gifkliere aardig uit
vóór met dun naald en gare
die wond toegewerk word,
terwyl die slang se hart
tussen gekielde lyfskubbe klop –
gereed om net vir die vertoon
na sy hanteerders te pik.
(Sefako Makgatho–universiteit)
© Johann Lodewyk Marais, 2022
Baie dankie, Zandra.
Besonders, Johann!