Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 June 2022

Louis Esterhuizen. Die sneeu, die ewige

 

Die sneeu, die ewige

 

met my voete stampende vir warmte,

in die sneeu,

die ewige.

  • Wisława Szymborska

 

Wisława, ek snap die ding van Bruegel se ape.

Ook hier voor my studeerkamervenster is hulle geketting

aan ʼn Jackson Pollock-bos, rinkel hulle

hul kettings

wanneer ek nie weet

 

wat komende is. Maar die ding van die sneeu,

dit begryp ek nie. Ek meen, al hierdie versluierde geweld

waarmee die aarde uitsigloos en sigloos

word te midde van

die wit wat als bepaal –

 

Krap jy dit weg, vind jy nogeens die krugrond

genadeloos onder al hierdie verydelings, onder die soveel

gekristalliseerde water

met kettings wat altoos deur ape

gesleep word

 

deur die kreupelbos van ons kastige onverblyf.

Nogtans, Wisława. Dit bly nietemin te verstane, of hoe,

soos ek met my voete stampende

vir warmte,

want onder die sneeu,

 

die uiteinde van ons heenkome, hierdie strakke

eindgrond waar ʼn aap sy ketting

aanhou krink wat nie weet waarom nie

of waarheen?

 

© Louis Esterhuizen / Junie 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Diaspora
Louis Esterhuizen. Nuusdekking: Julie 2021 →

1e kommentaar op “Louis Esterhuizen. Die sneeu, die ewige”

  1. Mellet Moll says:
    6 June 2022 at 16:54

    ‘n Slim gesprek met Szymborska wat die leser laat nadink: miskien is daar ook twee Yeti’s in die Himalajas wat neerkyk op die wêreld en die kettings trek afhangende van die mensdom se gedrag. Szymborska vertel aan hulle dat die mensdom mooi oomblikke kan skep. Die digter vra hierbo “werklik?”.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d